31 January 2007

Aan Maksideem

Hier was veronderstel om 'n foto van Roelof te wees. Blogger vra om verskoning vir ongerief.

Roelof het my uitgeneem om You've Got Mail en Shakespeare In Love, onderskeidelik, the gaan kyk en ons het saam na die 1998 Valentynsbal, deur ons skool gereël, gegaan. Maar arme, arme Roelof is afgesê nog voor daar iets was om oor huistoe te skryf. (Ai, ek's regtig jammer, Roelof!) Nou't ek 'n baie goeie vriend wat ek vreeslik gaan mis wanneer hy more na België vertrek... Toemaar, het reeds aan hom begin nag om ook 'n blog te begin, so ons sal wel weer van hom hoor. Dalk vermaak hy ons met episodes uit die wêreld van Dr. Evil...

(Terloops, verwys na kommentaar op vorige post, indien hierdie een se opskrif nie sin maak nie.)

12 comments:

Lammervanger said...

Moenie maak asof jy nie onthou nie Roelof...

Margie said...

Maksideem, ek was in Hoërskool Parel Vallei, Somerset-Wes. Ek't nie op Stellenbosch geswot nie, maar by die AAA School of Advertising in die stad. :-) Watter skool was jy?

As for die humanitarian NGO founder... Dis 'n bietjie van 'n joke. Dis nog in die pipeline en 'n groot droom, maar nog niks konkreet nie. Het werk begin om kunsklasse aan te bied vir kinders van Guguletu... small beginnings.

Lammer, LOL! Arme ou Roelof is seker nog te oorweldig deur die koue weer in België om nou kommentaar te lewer... :-)

Pienk Zuit said...

Nou is ek heel deurmekaar. Is die "You've got mail" loser 'n ander Roelof as die een wat ons as Maksideem ken?

Margie, Paarl-Vallei beteken ons het teen mekaar interskole gehou.

Pienk Zuit said...

Parel-Vallei, jammer.

Margie said...

Haai-oe... nie besef Maksideem is ook 'n Roelof nie. Nou maak alles meer sin. Pienk, die 2 is inderdaad 2 verskillende mense. Ek weet nie of ek hou van die "loser" aanmerking nie... :-) You've-got-mail-Roelof is 'n cool dude. :-) Cool, in watter skool was jy / julle? Ek vermoed dit was in die jare toe ons nog gereeld verloor het?

Lammervanger said...

Nou maak dinge meer sin.

Linka said...

So 7h die oggend is so n misverstand nogals funny. M, jou leeukop fotos is STUNNING!!!

Pienk Zuit said...

Nou verstaan ek beter.

"loser" is miskien bietjie kras, maar jy het hom immers die boot gegee, so hy het iets verloor op 'n manier.

Ek was in Hoërskool Stellenbosch, en as ek reg onthou was dit daardie tyd nog redelik naby gewees elke jaar.

Margie said...

Links - Thanks! Ons moet binnekort bietjie foto's uitruil...

Pienk - Me too. Hmmm, I suppose jy's reg. I like the way you think! Ah, Hoërskool Stellenbosch... ek onthou lang middae op die paviljoene van Coetzenburg... "Eendag was daar 'n vette meisie van Stellies..." :-)

Margie said...

Is jy 'n rugbyspeler? Of, meer belangrik, ken jy enige beroemde rugbyspelers? :-)

Pienk Zuit said...

Wie ek? Ek was 'n beroemde rugbyspeler, op my dag die voorste driedrukker in die koshuis 4de liga. Ek ken wel 'n beroemde rugbyspeler of 2.

Maksideem was nie 'n rugbyspeler nie nee, hy was in Paul Roos omdat hy nie kon plek kry in Hoërskool Stellenbosch nie.

Margie said...

You've-Got-Mail-Roelof het ook nou 'n blog met 'n besonders vermaaklike storie wat 'n fietssaal behels.

Pienk - Nie so cool soos ek wat vir die C-span netbal gespeel het nie!

Maksideem ry darem deesdae 55km fiets. (Lyk asof You've-Got-Mail en Maksideem meer as net 'n naam ingemeen het...)